Home Lifestyle Nature Travel and Heritage Fernwood Zebra Press Umuzi International eKhaya Apps
you are here: home | umuzi | fiction | geldwolf

Geldwolf

Geldwolf

Geldwolf

Carel van der Merwe se nuutste roman is ’n dodelike “Bonfire of the Vanities”, met intrige en korrupsie op die hoogste vlakke van die sakelewe, die regering en die samelewing. Die hoofkarakter, Stephan Winter, het ’n obsessie om ’n biljoen rand te maak. Geld is vir hierdie supersakeman ’n ontsnapping van die onvolmaakte res van sy lewe – the mislukte huwelike, die vervreemding van sy kinders, sy goed weggesteekte verlede – dan sal hierdie abstrakte getal, so glo hy, hom bring tot by die portaal van ’n ongedefinieerde toestand van geluksaligheid. Sy groot deurbraak kom wanneer daar ’n staatstender uitgesit word vir digitale identiteitskaarte. Maar in Suid-Afrika kan jy nooit so ’n kontrak kry sonder ’n Swart Bemagtingsingsvennootskap nie. En dis deur sy maneuvreerdery in hierdie verband dat die krake in sy sakeryk blootgelê word, asook in sy lewe. Hy maak vyande van die verkeerde mense, en vir hom kan daar net een uiteinde wees. ’n Pakkende en geheel oortuigende roman oor groot besigheid, groot lewens, en die groot val.


Uit Geldwolf, bladsy 28
Hy is verveeld. Aan sy regterkant by hul etenstafel sit Gareth Gower, uitvoerende direkteur van ’n bestuurskonsultasiefirma, en ’n Walliese aankomeling wat etlike jare gelede op soek na groener weivelde hier aan lande gekom het. ’n Uiters langdradige vent met littekens wat van jeugdige aknee getuig, en nog erger, ’n ernstige halitoseprobleem. Na sy ervaring kon die meeste sake-uitgewekenes nie in hul eie lande die mas opkom nie: in die jare sewentig en tagtig was dit tweederangse Britte wat aangelok is deur die geleenthede wat apartheid vir dié met wit velle geskep het; deesdae swart Amerikaanse kansvatters en bewoners van Afrikastate noord van hier wat hoop om ’n sitplek op die soustrein van swart bemagtiging te kry.


Luister hier na ’n radio-onderhoud met Carel van der Merwe.


Lees ’n onderhoud in die Beeld hier.

Lees Izak de Vries se resensie op LitNet hier.

Lees ’n resensie oor Geldwolf in die Volksblad hier.

Luister na ’n onderhoud op RSG.. (Baie groot 16Mb aflaai.)



» Author: Carel van der Merwe
» Title: Geldwolf
» ISBN: 9781415200773
» Format: Mass Market Paperback
» Release Date: May 2009
» Imprint: Umuzi
» Pages: 253
» Price: R220.00
Buying options:

MORE TITLES BY THIS AUTHOR(s)

Nasleep No Man's Land Skaduwee Shadow
Shark


SITE SEARCH

Connect with us
Visit us on Facebook   View our youTube collection   Visit us on Twitter   Visit our blog Books LIVE
Visit our Blog   Visit us on LinkedIn   Visit us on Pinterest  
Random House Struik Newsletter
Random House Struik Bookclub
Struik Nature Club
Random House Struik Competitions
Random House Struik Events
Random House Struik eBooks
Win with Struik Nature Club - Tracking competition
About Us | Contact Us | Privacy policy | Terms & Conditions | Sitemap
Copyright © 2010 Random House Struik (Pty) Ltd. All rights reserved | Created by Fusia Web Services